Môre Laurika
Baie dankie vir die positiewe, spontane manier waarop ons jou kon ontmoet gisteraand by Mary Potter. Die foto’s op jul Webtuiste is pragtig! Moeder met die kombers op die kop lyk te fraai!
Moederlief, Bettie Mc Lean, is baie siek maar jy en jou span kon haar weer laat lag. Die kombersie en keps sal in ons huis ‘n spesiale plekkie kry, en julle sal ook in ons gebede bly.
Kanker is ‘n slegte siekte maar met ‘n Lewende God en met goeie Hoop sal daar weer lig wees aan die einde van die donker tonnel. PinkChicks gee daai hoop!!
Ek is opsoek na ‘n bandjie om te dra, wat kos die bandjie en waar kan ek een kry asb?
Geseende groete en liefde
Dot Brits
Comments powered by CComment