Nou die eerste keer deur jul website gegaan, en dit wat julle doen is WONDERLIK! Ek is gister ontslaan na 3 weke in die hospitaal, en jou kuier in die aande Laurika, het die dae korter gemaak.

Jy is 'n engel gestuur om die somber tye net ligter te maak. Nie net vir ons as pasiente nie, maar vir ons gesinne ook. Dis nie 'n maklike pad nie, maar die manier waarop jy dinge hanteer en julle Pink Chicks ons ondersteun, is ongelooflik. Woorde is nie genoeg om te beskryf hoe ons die waardeer nie! Mag die Here julle klompie Seen met alles wat mooi is. Daai silver randjie om die donker wolk, is julle Pink Chicks in ons bewolkte dae.
Liefde
Marcelle

Comments powered by CComment