Beste Laurika,(L/S Morewag Damestee)
Waar begin n mens,my hart het ineengekrimp toe ek jou hoor praat oor jou borskanker. Dit het my trane in my oe laat kry,als wat ek so diep weg gebere het weer so helder by my is.
My Liewe man het op die 5dee September 09 dood verongeluk. Middel November 09 het ek uitgevind ek het borskanker, pas 32 geword hoe is dit moontlik?Ek kon nie glo wat met my gebeur nie, my arme kinders Marco 11 en Ruan 5 . Vandag drie jaar later is ek nog skoon en so dankbaar die Liewe Heer se genade is so groot. Ek wou nog altyd iets doen om my dankbaarheid uit te leef en vir ander daar te wees soos my wonderlike famielie en vriende ook daar was vir my en my kinders en nog steeds is.Laurika ek glo jy is die andwoord op my gedagte wat ek nog skaars oor gebid het en nog net oor gewonder het hoe ek n verkil in ander se lewe kan maak. Soos jy gese het jou tyd en liefde en omgee is al wat nodig is om n verskil te maak.......Susan .
Comments powered by CComment