Laurieks, ek weet nie eers waar om te begin nie. Nou 8 maande wat ek jou ken, en jy het 'n groot verskil in my en my familie se lewe gemaak.

My laaste chemo is agter die rug, en die pad wat voorle kan net beter wees. Sonder jou en ons Verlosser sou ek dit nie gemaak het nie. Elke keer as ek moedeloos was, het jy my opgetel met jou alewige segoed, en natuurlik jou positiwiteit. Dankie ook aan Pink Chicks wat ons finansieel ondersteun het. Dit het die las soveel ligter gemaak om te dra. Jy was nie net 'n steunpilaar vir my nie, maar die hele familie! Ek het nou wel die paaidjie geloop, en is trots om te se ek is 'n survivor. Maar buiten dit als, het ek 'n wonderlik, dierbare vriendin ryker geword. Ons is baie lief vir jou!

Comments powered by CComment