Hi Laurika, baie dankie vir die wonderlike dinge wat julle doen vir die spesiale mense in ons lewe. Julle het Dehan se dag so opgebeur met sy besoek aan die onkoloog. Ons as ouers van kinders wat met kanker gediagnoseer is wardeer dit dat julle die besoeke so lekker maak.
Dit was 'n swaar tyd vir ons maar met God se liefde en genade het ons seuntjielief sy kanker oorwin en leef vandag soos 'n normale 4 jarige. Ons dank die Heer elke dag vir sy herstel. Ek kannie vir enige iemand verduidelik hoe ons gevoel het toe die onkoloog op 1 Mei 2009 vir ons gesê het dat ons onsself moet voorberei omdat Dehan dit nie sal oorleef nie. (hy is op 25 April 2009 gediagnoseer met 'n Neuroblastoom graad 4, dit het reeds na sy beenmurg ook versprei)Dit laat jou as ouer sprakeloos van skok. Ons het besluit dat hierdie siekte nie sal oorwin nie, maar dat God ons sal dra deur die moeilikste tyd van ons lewens. September 2009 was Dehan se beenmurg skoon, sy sagte weefsel en het die gewas net verdwyn so vinnig as wat dit gekom het. Dehan was Januarie, Maart, Junie en September 2010 weer vir sy ondersoeke en is steeds skoon. Ons sien weer Januarie 2011 die onkoloog en dan word sy porto pad verwyder. 11 April 2011 sal Dehan 5 jaar oud word, hy weet dat hy siek was en hy weet God het hom gesond gemaak. Wat 'n reis was dit nie vir ons nie. As ek nou terug kyk dink ek aan daardie bekende "Voetspore in die sand" waar daar net een ry spore was is nie waar God ons gelos het om die pad alleen te loop nie, maar dit is waar God ons gedra het. Aan almal wat deur hiedie moeilike tyd gaan, wees sterk al is die nie elke dag maklik nie. Glo in God dat hy jou dra wanneer dit nie moontlik is vir jou om te loop nie en weet dat God jou lief het. Baie sterkte en mag God se wondelike liefde en genade by elkeen wees. Liefde die van der Vyvers
Comments powered by CComment