Helena Elizabeth Mc Lean (Aunt Bettie) 27 May 1943 – 29 September 2012
  1. Terence Mc Lean 11/10/2012 at 07:41 

    Ek wil net sè baie dankie vir julle ondersteuning in die hospitaal, ek weet sommer dit het BAIE vir moeder beteken! Met die (pink) kobersie op haar kop.
    Ons almal wardeer dit vreeslik baie. Ook vir die pink arm bandjies wat ons almal dra.
    Liefe Groete Terence en. gesin + Landi

     
  2.  
    Dot Brits 12/10/2012 at 10:15 

    In herinnering aan ons dierbare eggenote, moeder, ouma en vriendin, Bettie Mc Lean.

    Moederlief Bettie is in Januarie 2012, gedurende ‘n galblaasoperasie in die Eugene Marais Hospitaal met Letsels gediagnoseer. ‘n Week later skakel die dokter ons met die nuus wat ons almal se lewe verander het – Moeder het kanker! Sjoe ek onthou nog my reaksie, maar nou moet ek sterk wees vir moeder en almal om my ook!
    Ons besoek die onkoloog en moederlief begin met chemoterapie 21 Februarie 2012. Die kanker is aanvanklik net op haar eierstok en sy reageer nie te sleg op die chemo nie. Die CT scan later wys die kanker is nou op haar pankreasstert ook. Ons bly bid en bid en nogmaals bid!! ‘n Borsbiopsie word gedoen en die onkoloog reken dat die kanker oorspronklik vanuit die borste kom. ‘n Latere CT scan wys verdere skokkende nuus! Die hele buik is ook nou vol kanker. Op 30 Aug 2012 begin moederlief met baie aggresiewe chemo. Dit maak haar so siek dat sy vandaar elke dag amper 3/4 van die dag net wil slaap. Die onkoloog waarsku dat ons haar uit die bed moet hou – maar sy is net te siek!! Maandag, 17 September 2012 word sy opgeneem by Mary Potter (LCM hosp). Sy hou ook skielik niks binne nie. Hulle dreineer 7LT vog uit haar buik om verligting te gee vir die swelsel. Sy is op drip om te verhoud dat sy ontwater. Die susters en personeel kyk so mooi na haar en elkeen se omgee en liefde bly my steeds by. Moederlief word ontslaan op Saterdag, 22 Sept 2012. Ons stop 12h00 by die huis maar dit gaan nie goed met haar nie. Ek laat haar by my slaap die aand om baie mooi na haar te kyk – ons slaap glad nie want sy gooi aanhoudend op! Ek bad haar later die oggend op my bed om haar terug te neem hospitaal toe. Sy word weer opgeneem om 13h00 op Sondag, 23 Sept 2012. Almal is bly ons het haar teruggebring want hulle kon sien hoe swaar sy nou kry. Hulle versorg haar met ekstra empatie en liefde by Mary Potter. Ek sê net dankie in gebed vir almal! My hande is afgekap, wat kan ek meer doen? Die hele week verder word toetse op haar gedoen om vas te stel hoekom sy niks binne hou nie. Die dokter praat met my op Donderdag, 27 Sept 2012, en sê die enigste uitweg nou is om ‘n stent in te laat sit aangesien daar geweldige swelsel sigbaar is by die uitgang van haar maag na haar dunderm – daarom dat niks binne bly nie. Pappie en ek neem haar Unitas hosp toe op Vrydag, 28 Sept 2012 om 11h00. Ons bid eers saam ons predikant om 10h00 in haar kamer by Mary Potter. Om 12h00 word sy opgeneem by Unitas. Sy gaan teater toe vanaf 14h05 tot 16h05. Die dokter sê dit het maar baie moeilik gegaan aangesien hy deur ‘n groot gewas moes werk om toe 2 stents in te plaas. Moeder is bleek en siek! Pappie en ek neem haar terug na Mary Potter om 18h00. Ek maak haar gemaklik en liefkoos haar soos elke ander aand want nou moet ons weer huistoe ry. Dit was die moeilikste ding in my lewe elke aand om haar te los en te ry. Ons het haar vir die laaste keer gegroet. Ek kry ‘n oproep van die hospitaal op 29 Sept 2012 om 05:35 – Die Here het vir moederlief kom haal. SY WIL HET GESKIED!! HY het vir moederlief kom verlos van haar aardse pyn!
    RUS IN VREDE MY DIERBARE VROU, ONS MOEDER, OUMA EN GROOT VRIENDIN!
    Alhoewel ons baie, baie verlang en dit nog baie seer is, weet ons jy kyk af en baljaar in die mooiste Goddelike woning, BY JESUS! Amen!
    Al ons liefde…Van Pa, Dot, al die kinders, kleinkinders, vriende en falimie. Xxxxxx

     
  3.  
    Dot Brits 29/10/2012 at 08:00 

    Moederlief – vandag, 29/10/2012, is dit ‘n maand gelede wat ons HEMELSE PAPPA VADER jou kom haal het. Ek mis my ma sooooo baaaaaie!!!!!
    Ons was Saterdag by Pink Chicks se 2de Verjaardag herdenking – Al die engeltjies wat jou in die hospitaal besoek het, het die dag vir ons so Spesiaal gemaak. Jou pink kombersie lê elke dag op my bed en ek hou hom elke aand teen my hart as ek na jou verlang. Alles gaan so goed by die huis – almal lief Moeder en verlang na jou. Pappie mis jou net so baie! Ek kyk baie mooi na hom, en sal hom ook mooi oppas soos vir mammie.
    RUS IN VREDE BY JESUS MOERDERLIEF EN ONTHOU ASB OM ONS PLEKKIE LANGS MAMMIE OOP TE HOU.
    Al my verlangende liefde.
    Dot xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

     
  4.  
    Dot Brits 24/12/2012 at 09:31 

    Die Engel van my Hart – Moederlief,

    Dis Christusfees-tyd, en hierdie jaar sonder ons Moeder, Vrou, Ouma en Vriendin!
    Mammie jy’s by GOD, jy’s in ons harte en steeds elke dag deel van ons lewe! Ons sal die 25ste Desember 2012, die Geboorte van CHRISTUS vier met ‘n lied in ons harte – Moeder is nou in die HEMEL en sal nêrens anders wil wees nie! Moeks se ou plekkie is elke dag leeg in die huis en sal veral môre leeg wees wanneer ons familie saam verkeer. Ons gebed sal wees dat ons HEMELSE PAPPA VADER mammie sal vasdruk en ons elkeen se innige hartsliefde aan mammie sal oordra. Ons sal opkyk en Moeder in Gebed groet!
    Die wete dat ou Moeks vir altyd hier op aarde weg is, is nog baie baie seer!……maar as ons dink aan die geseënde jare wat GOD mammie vir ons geleen het(69jaar lank), sê ons hardop AMEN en AMEN!.. en alle DANK AAN ONS SKEPPER EN EWIGE VERLOSSER! GOD se tyd sal die seer in ons minder maak en ons weet ons wat oorbly, is ook maar net geleen vir mekaar. GOD se GENADE hou ons in GELOOF met mekaar om SY NAAM HEILIG te hou, te verkondig en mekaar te waardeer! Alle dank en eer aan HOM vir ons lewens.
    RUS IN VREDE TOT ONS WEER ONTMOET OU BABE!
    Tonne en Tonne Liefde – Manlief-Jaap, Dot, Jimmy, Lana, Shaun, Jason, Terence, Landi, Duncan, Nathan, Vernon, Liza en almal wat na jou verlang en jou mis! 🙂 xxxxxxxxxxxxxxxxxx

     
  5.  
    Dot Brits 27/05/2013 at 07:32 

    ‘n Gedig vir my Moeder – Bettie
    Die Herdenking van Moedertjie se Geboortedag
    27 Mei 2013

    Die eerste herdenking van Moeder se Geboortedag,
    sonder jou liggaamshitte teer en sag!
    70 Jaar het GOD jou gespaar,
    die laaste 8 maande in SY Hemelhuis bewaar.

    Vir HOM was dit Moeder se tyd,
    al wil ek my nog soms doelloos verwyd!
    Daar’s nog soveel wat ek vir Moeks wou doen,
    nooit geweet 28 Sept 2012 sou ek jou die laaste keer soen!

    Sonder Moeks hier op aarde,
    is slegs makliker met GOD se Groot Genade!
    Ek verlang elke dag net meer en meer,
    maar dankie vir die VADERHAND op my hart – want dis so seer!!

    Ek weet Moeks lees al my briefies,
    reeds dan verlang ek na al jou drukkies en liefies!
    GOD het ons geseën met die mooiste ma-dogter verhouding,
    mag SY engele vir jou al my hartsliefde bring!

    Dit was GOD se wil om Moeks so gou te kom haal,
    ons verstaan nie maar in jou wedloop het jy net sukses behaal!
    Jou voorbeeld om elke aand in gebed te kniel,
    weet ons jy’s deur SY bloed gered tot in jou siel!
    Vrede en Liefde was Moeks se lewe – dis waarna elkeen van ons ook strewe!

    Ek gun Moeder die Goeie rus,
    en weet net GOD sal my verlangende hart sus!
    My hart vol liefde net vir my mamma!
    Dot
    xxxxxxxxxxxx