Ek wil graag met julle almal deel wat met my gebeur het en hoe ons God vir my wonders gedoen het – dit is nogal lank, maar ek wil so graag die hele ervaring met julle deel !


Laat Oktober het ek skielik onstettend moeg en kragteloos gevoel, tot so n mate dat ek verskeie kere by die werk agter my lessenaar gevoel het dat ek van my stoel gaan afval – so moeg en gedaan was ek. Maar – ‘n mens dink mos maar, dis jaareinde, dit was n baie besige jaar op verskeie fronte, persoonlik en by die werk.

Vroeg November is ek uiteindelik dokter toe en hy het my gestuur vir uitgebreide bloedtoetse – nogal op n Saterdag! Later daardie middag het hy my gebel – vreemd, dokters doen mos nie meer daardie sort ding nie, en aangedring dat ek binne n uur opgeneem word vir meer bloed- en orgaan toetse – alles is gereel.

Ek kon net nie, my program vir die volgende week was net eenvoudig so vol dat ek op geen manier net alles kon kanselleer nie. Ons het toe afgespreek dat ek die volgende Vrydag oggend by die hospitaal aanmeld. So gedoen, en nadat die opname proses voltooi is, het die toetse begin – alles –weer volle bloedtellings, al my organe soos lewer, niere, prostaat, ens, ens, Die toetse het teruggekom en alles het aangedui dat daar nerens fout was nie – behalwe my bloedtellings wat ongelooflik laag was – en n beenmurg toets is aangevra.

Daardie toets resultate het gewys data ek leukemia het – baie wetenskaplik, maar een van die mees aggressiewe tipes wat jou verskriklik vinnig aanval en vernietig. Dadelik oorgeplaas na die intensiewe sorg eenheid by die ou Little Company of Mary (nou die Groenkloof Hospitaal) – so vinnig dat daar nie tyd was vir n ambulans nie - Ria het my sommer gevat en ek is dadelik opgeneem en saal toe.

Nodeloos om te se, die behandeling het onmiddellik begin – ek was op geen manier voorbereid op wat sou volg nie!

Die behandeling het behels dat ek aanvanklik vir 24 per dag uur vir 8 dae net chemo gekry het wat binne-aars toegedien is – deur n sg. ‘port’ wat onder my linker sleutelbeen ingeplant is. Die gevolg hiervan was dat my liggaam daarna GEEN weerstand kon bied teen enige kieme, virusse of enige ander goggas nie en ek was in totale isolasie, met net Ria wat toegelaat is om my te besoek – met n masker en hande ontsmet voordat sy kon inkom. Na die aanvanklike 8 dae is die chemo vervang deur medisyne wat my weer moes opbou – vir drie weke lank, sodat my liggaam weer sy eie immuniteit kon opbou.

Bo en behalwe die feit dat dit liggaamlik ontsettend moeilik was – geen manier om in woorde te beskryf hoe verskriklik sleg ek gevoel het nie, het die geestelike aanslae begin in alle felheid :
- Se nou die chemo werk nie ?
- Sou ek tot sterwe kom, wat laat my dink ek gaan hemel toe?
- Wat maak my so seker dat ek gered is, en dat Jesus se kruisdood vir my ook was?
- Glo my – daar was baie meer – en die slaappil wat ek gekry het, het my laat slaap tot so eenuur in die oggend, en dan is dit baie donker !

Gedurende hierdie donker tye het ek n paar dinge onthou wat my ongelooflik versterk en bemoedig het :
- ‘n Ou, ou liedjie uit my klein-kinder dae wat ongelooflik baie beteken het : ‘Yes, Jesus loves me, the Bible tells me so !’ En ek was so dankbaar dat ek dit in my kleintyd geleer het – dit het my so versterk en deurgedra! Mammas en Pappas – leer julle kinders van Jesus en Sy opoffering en sterwe en opstanding om ons te red – dit is wat hulle nodig het wanneer hulle groter word en die aanslae teen hulle kom !
- Ek het n ruk gelede n DVD gesien van Dr Wayne Dyer waarin hy n onderhoud gevoer het met n vrou genaamd Anita Moorjani – sy was in n koma en vertel dat sy hierdie helder lig ervaar het, en daarmee saam n ongelooflike vrede en ‘n gevoel van ‘unconditional love’ – maar sy moes terugkom om die boodskap oor te dra : ‘Live fearlessly, because what awaits us is so indescribeable that we need not have any fear to die’. Wat n ongelooflike kragtige boodskap !
- ‘n Video clip van Louie Giglio waarin hy se dat God krag gee gedurende hierdie aanslae, net genoeg vir die volgende asemteug en die volgende tree, hou vas en jy stap daaruit!
- Die boodskap wat my seker die meeste getref het, was die eerste paar verse in Mattheus 8 : Na die bergpredikasie was Jesus op pad na onder om verder te reis en ‘n melaatse het hom voor Jesus neergewerp en geroep : ‘ Here, ek weet U kan my reining, as U wil ! En Jesus het hom aangeraak (iets wat ongehoord was in daardie dae) en gese : ‘Ek wil, wees gereinig !’ En die man is onmiddellik genees! Wow, Jesus WIL ons elkeen genees – dit was vir my ‘n ongelooflike bemoediging!
- ‘n Video clip wat iemand vir mygestuur het waarvan die woorde se : ‘ Hold on to Jesus and walk through this storm, God is with you, you are never alone’
- Daar was nog soveel dinge wat my gehelp het om deur te kom !

Laastens – maar een van die grootste faktore wat my deurgedra het – my vrou Ria wat altyd daar was vir my, met n gebed, ‘n glimlag en ‘n bemoedigende woord! Sy is vir my die grootste gawe wat ek ooit van ons Here ontvang het en ek kan Hom nooit gedoen dankse vir haar en haar ondersteuning nie !

Dankie aan almal en alle gebedsgroepe wat my gedra het, my kalmte het gekom van die wete dat Jesus my ook liefhet en Sy lewe gegee het vir my !

Ek is SKOON, prys ons Here ! Nou le daar nog vier opvolg / konsolidasie behandelings voor wat tot om en by April gaan duur, maar ons vertrou dat ons Here ons ook daardeur sal dra !

Seen vir elkeen van julle – en hou vas aan Jesus – ons God is groot en sterk en Almagtig – en Sy wonderwerke gebeur nog elke dag!

Comments powered by CComment