Hello almal. Hierdie jaar was weereens n groot sukses met vele vreugde. Ek en jaco het heel pad saam gery ongelukkig het ek hom bietjie terug gehou (want ek is mos braaf en oefen mos so min hahaha )

en ons tyd was so by ses ure. Hy het geen komplikasies gehad nie, maar ek het wel n pap wiel gekry by kommetjie se draai.
Maar als het verder goed af geloop.
Dit sal vir ons n groot eer wees om volgende jaar weer deel te wees van julle wonderlike organisasie.
Hou aan met wat julle doen dis amazing. Baie dankie vir die geleentheid.
Baie geluk aan ieder en elkeen wat gery het julle is almal wenners. Hoop dat ons mekaar volgende jaar weer sal sien.
Sharon & Jaco.

Comments powered by CComment